in the cellar : Hierdie Chenin Blanc is nie ‘n jong, elegante, dun wyntjie nie, maar wel ‘n vol, vrugtige Chenin Blanc wat gemaak is om ‘n baie meer ernstige wyn te wees. In 1987 het Opstal die SA Kampioen wingerblok kompetisie met ‘n blok Chenin Blanc gewen. Daar word met groot sorg gelet op goeie snoei en suier praktyke, tesame met akurate vog bestuur om druiwe te produseer wat volryp is met steeds ‘n baie goeie suurbalans. Baie koue gisting met Vin7 verseker dat die vrugtigheid behoue bly en dat die wyn die regte boustene het om daardie ekstra jaar in die bottel te verouder.